Hier is ons almal saam op een van daardie rare geleenthede.
Hi, dit is nou die Pa van die gesin, die ou wat sy ure aan werk, kliente en kontrakteurs afstaan.
Hierdie kwaai een is nou Ma, Taxi-drywer, Verpleegster, Musiekjuffrou, lektrise by Unisa en, as alles rustig word, ook nog vryskut bibliotekeresse om dit alles te kan bekostig.
Hi. As ek nie moeilik is nie, is ek Werna, my pa se enigste dogter. Tussen die B.Com Honeurs studies deur speel ek ook Konsultant by TEX100 vir Microsoft SA en gee aandag aan die sosiale aspekte van die lewe. Sang en Gym is my tydverdryf. Volwaar 'n besige lewe.
Ek is Willem wat so pas my B.Com Honeurs voltooi het en nou die lewe van ‘n ouditeursklerk probeer.
Tussen dit alles deur moet ek nou nog fondse versamel en my ou Volkwagen-golf aan die loop hou. Ek is ook die Webmeester van Aficandiving.com
Ek is Francois, die jongste wat sorg dat almal aan die gang bly. Ek maak seker dat Pa en Ma nie te gou aan aftree sal dink nie. In die jaar 2002 doen ek graad 8 aan die Garsfontein Sekondere skool.